Hoe Moes “Ons” Weet?

Ek en Johan C Venter het uiteindelik ons kragte saam gespan en opgekom met nogal ‘n hartroerende duet getiteld Hoe Moes Ek Weet wat ons op 28 Jullie 2016 vrygestel het. Die vrystelling het almal in die span se verwagtinge sover oortref. Ons is ook soos altyd ongelooflik dankbaar vir elkeen van julle se ondersteuning en terugvoering.

Sommer van die eerste dag af het radiostasies reg oor die land en sosiale media begin “geraas” maak oor die langverwagte duet en video. Ons het Radio Pretoria gekies om hom heel eerste te speel oor die klank golwe van Pretoria. Dit was soos altyd ‘n awesome gevoel om dit te hoor en te beleef. Ons het die volgende dag die video op YouTube vrygestel en in minder as drie weke is die video al meer as 33000 keer op YouTube gekyk. Die reaksie is ongelooflik en ons is baie opgewonde oor waarheen die duet nog moontlik kan gaan.

Soos meeste van julle weet werk ek en Johan gereeld saam. Ons is saam in besigheid en ook baie goeie vriende. Ons het opgekom met die “Hoe Moes Ek Weet” idee toe ons in Knysna besig was om te werk aan ‘n skryfprojek. Ek en Johan het net daar in my Knysna ateljee die nuwe liedjie geskryf en ook meeste van die opneem-werk reeds daar voltooi. Ek het die liedjie terug na Johannesburg gebring en dit hier klaar vervaardig en gemeng. Ek het ook baie geniet om meer betrokke te wees by die musiek video en het dit spesifiek geniet om die redigering self te doen. Dit sal ek graag meer wil doen, veral met sulke projekte soos die een.

Ek is tans terug in Gauteng vir ‘n paar maande na ‘n jaar en ‘n half in Knysna. Ek is hier om te werk aan projekte en vertonings. Ek mis dit baie maar ek gaan darm nou nog gereeld terug om daar te skryf in my skryfateljee.

Ek is opgewonde om meer sulke “indie/independent” projekte vry te stel gedurende die volgende jaar, terwyl ek intussen nog hard werk aan die Hartlank album projek.

Ek en Johan was net byde lus vir “iets fun” om te doen, afsonderlik van ons eie solo loopbane. Bytendien wag ek ook intussen tot einde September wanneer ek in samewerking met ‘n tv kanaal my volgende solo enkelsnit vanaf my Hartklank album gaan vrystel. Daar is ‘n hele paar verrassings rondom daardie vrystelling wat my baie opgewonde maak om dit met julle te deel, so hou die spasie dop. 

Die sukses van “Hoe Moes Ek Weet” laat my en Johan praat in die rigting van moontlik ‘n duet CD. Ek dink dis ‘n goeie idee. Wat dink julle?

Ek het ook vir Johan gevra om op te tree as gaskunstenaar op die Hartklank Lente Toer wat gedurende September 2016 plaasvind. Ons sing nie net ons eie gewilde liedjies nie maar sing ook duette soos (natuurlik) ons nuwe een “Hoe Moes Ek Weet” en ander verrassings.

Die song gaan oor daai tippe gevoel van seerkry as mens die kans vat vir liefde met die hoop dat dit sal uitwerk maar soos ons weet, dit nie altyd doen nie – dan eindig iemand op met ‘n gebreekte hart al was dit nie die bedoelling nie. 

PRAAT SAAM:

Sal jy eerder die kans laat verby gaan as jy onseker is oor iemand, of sal jy die kans waag vir liefde met die wete dat jy moontlik kan seer kry, of iemand anders baie seer kan maak?

4 Comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s