Altyd lekker om met sulke nuus wakker te word!

Daar is ’n paar voordele om in Knysna te woon. Natuurlik die ongelooflike natuur skoonheid, die vars lug, die inspirasie wat die see en strande bied. Maar die uitsigte, die bosse en woude, die meer en dan natuurlik die oulikste dorpie in die land is toe nie al voordeel wat mens kry om hier te bly nie. Vanoggend was ek uit die veld geslaan toe ’n nuwe voordeel by my deur kom klop, een wat ek nooit verwag het nie.

Die nominasies is uit en ek is genomineer vir twee Bokradio Bokkie toekennings. Een vir “Hartklank” as “Album Van Die Jaar” en ’n tweede vir “Vir My Gemaak” as” Liedjie Van Die Jaar”. Wat ’n groot voorreg!

Hoe is dit ’n pluspunt van in Knysna bly? Behalwe dat ’n mens jou beste werk moet lewer en BokRadio se luisteraars baie van jou musiek moet hou, is dit vir hulle ’n vereiste dat wie ookal  genomineer word in die Weskaap moet bly. Ek het nie eers daaraan gedink nie maar wat lekker verrassing en fantastiese inisiatief om talent uit die weskaap te eer!

Ek bly nog net 18 Maande hier maar ek het my Hartklank hier kom vind, ’n album geskryf wat ook vroeer vanjaar die Ghoema Toekenning vir Manlike Pop Album gewen het, Tempo Nominasies en nou ook die Bokkie Nominasie – Baie dankie Weskaap vir die inspirasie om my beste werk te kon lewer en dankie Knysna vir die lekker bly en dat ek myself as mens en kunstenaar opnuut hier kan ontdek langs jou strande.

Baie dankie Bokradio en julle awesome luisteraars vir die nominasies. Ek is rerig baie dankbaar en sien baie uit na die spogaand van die 6de Bokkies Toekennings.

Hier volg al die nominasies…
14054394_10210181968604476_493182254695560381_o

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s