Bespreek Joe Foster vir jou Fees, Funksie of Geleentheid…

Gewilde sanger-liedjieskrywer Joe Foster en sy kitaarspeler is altyd op die pad of in die lug na ‘n verhoog iewers  in Suid Afrika of oor die Wêreld waar hy toer of genooi word om te sing. Hy sing onder andere van sy bekendste treffers soos “Pad Na Jou Hart“, “Mona Lisa“, “Vir My Gemaak“, “In Die Reen Vir Jou“, “Hartklank” en vele meer vanaf sy solo debuut album “Hartklank“.

Hy het ‘n groot passie vir optree, en waar dit moontlik is gaan hy nie sommer huis toe na die afloop van sy vertoning voor hy nie eers sy aanhangers persoonlik kon ontmoet het en saam hulle fotos kon neem nie.

Hy en sy span verkoop gewoonlik CD’s & Merchandise gedurede die “meet & greet” waar dit van pas is, en waar dit ook moontlik is.

Besprekings flyer Joe Foster 4

Met van sy langer vertonings vertel hy graag stories oor hoe hy liedjies skryf, en hy voer hulle altyd met baie passie op. Hy is met al sy vertonings gereeld agter die Klawerbord of Klavier en verstom ons altyd met die manier hoe hy sy liedjies vertolk. Mens hang behoorlik aan sy lippe as hy sing.

Joe het al heelwat ervaring op die verhoog as ‘n opname en optrede kunstenaar vandat hy 16 is. Maar dis die laaste amper 6 jaar wat hy werklik eers groot naam begin maak het in die Suid-Afrikaanse musiek industrie. Met sy 3 jaar voltydse optrede in die “boyband” ADAM en 3 jaar solo optredes weet hy al hoe hy met sy gehore wil kominukeer, en mens kan sien dat hy geniet elke oomblik daarvan.

Hy het al op van die land se grootste en kleinste verhoë gesing en saam met van ons land se grootste name gewerk. Met twee Ghoema Toekennings agter sy naam vir “Beste Manlike Pop Album 2015 vir die Hartklank Album” en “Liedjie Van Die Jaar 2014 as skrywer vir – Sal Oorlog Vir Jou Maak deur ADAM” weet hy ook heel duidelik wat hy doen as dit kom by liedjieskryf.

Joe doen graag moeite om seker te maak sy gehoor kry kwaliteit musiek wat so ver moontlik die balans het tussen intieme en energieke liedjies. Hy sing ook bekende treffers/covers, en verander soms verwerkings van sy eie liedjies om sy vertonings vars te hou. Joe Foster se vertoning pas op enige verhoog en gehoor groot en klein.

Sy liedjies en stories bevat maklik luisterbare inhoud waarmee almal, jonk en oud kan vereenselwig. Die verhoog word ook altyd mooi gemaak en aandag aan gegee om seker te maak dit lyk mooi waar dit van toepassing is.

13490711_10157005420385247_1022314554216541500_o

Joe laat jou sonder twyfel tervede voel met ‘n onergeetlike vertoning.

Photo 2016-07-06, 9 29 49 AM

Bespreek Joe Foster nou vir jou fees, funksie of geleentheid. Moet ook nie huiwer om ons te kontak vir kostes en meer inligting nie. Sien die flyer hierbo of Kliek Hier

van WS Marketing

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s