Lights, Camera, Action-Ford

Ek bid al lank vir die geleentheid om hierdie bakkie te kan ry. Dis die trok van my drome – die Moondust Silver – 2016 Ford Ranger XL 4×2 – D/Cab – HiRider. Glad nie net omdat ek dink dis ‘n awesome en kragtige bakkie nie, maar omdat ons span dit rerig al vir lank baie nodig het. Ek het ‘n Keyboard so groot soos ‘n meisie se tas/se en ek pak ook soos ‘n meisie. Nou moet jy weet hoekom ek so groot voertuig nodig het. Haha!

Nee ek speel, wel nie oor die keyboard nie daai ding is rerig massief, ok ja en soms pak ek soos ‘n meisie! haha!

Ek hou daarvan as goeie musos saam met my toer en ons kan nooit genoeg spasie hê met almal se instrumente, tasse, merchandise, ligte, en gear nie. Nou kan ons veilig en prakties ry, spasie hê en nog awesome lyk ook. Wink 😉

Na my span by WS Marketing rerig moeite gedoen het om my te help soek vir opsies het ons by Action Ford Krugersdorp uitgekom. Ek kry toe dadelik ‘n oproep van Martin by Action Ford Krugersdorp en hy vra ek moet hom kom sien. Toe ek daar aankom word ek ontmoet deur baie vriendelike en uiters professionele mense met die lekkerste Cappuccinos, yum! Het selfs al daar aangekom op ander kere dan speel hulle sommer my Hartklank album ook op die vloer vir die kliente.

Ons het lank gesels en hulle het uit hulle pad gegaan om hierdie vir my moontlik te maak. Martin het my voorgestel aan Linda en sy het die proses so gemaklik  gelei en boonop is sy vriendelik ook. Ons het ‘n week voor die toer die finale ooreenkoms geteken en ‘n week daarna het ek die voertuig gereed gehad vir die toer. Dis nou diens!

Photo 2016-09-06, 10 39 10 AM

Ja ek weet mens kan sê; “ja maar dis omdat jy is wie jy is dat jy sulke goeie diens kry”. Maar nee ek het met my eie oë en ore beleef hoe hulle met elke klient daar praat en besigheid doen. Almal is awesome by Action Ford. Ek glo in vandag se tyd, in Suid Afrika veral, is goeie diens een van die mees waardevolste eienskappe wat ‘n besigheid kan hê. Action Ford Krugersdorp moet jou eerste stop wees as jy aan ‘n nuwe voertuig dink. Hulle sê self hulle verkope gaan deur die dak. Dit beteken hulle doen iets reg! Ek kan verstaan hoekom.

Ek het vandag my kar finaal gaan haal met branding en al en toe ek die sleutel ontvang toe speel daar ‘n baie happy tune. Almal op die vloer het persoonlik vir my geluk gewens en dis was rerig ‘n awesome ervaring!

Photo 2016-09-06, 10 40 27 AM

Ek wil hiermee vir julle regtig ongelooglik dankie se vir julle vriendelikheid en vrygewigheid en dat julle die proses en besluit vir my maklik kon maak om my droom kar te kan ry en veiliger te voel. Ek wil veral vir Martin, Linda en Veronica dankie sê. Julle is awesome!

Photo 2016-09-06, 12 15 16 PM

Ek gaan hierdie meneer nog “pimp” – for a lack of a better word, tot hy lyk soos die monster wat ek wil hê hy moet wees. Ek gaan kamp, ek gaan toer en ek gaan selfs ‘n tent bo op die dak sit so gou as wat die toer verby is. Africa is waiting!

Gaan maak ‘n draai by Linda of Martin by Action Ford Krugersdorp. Kontak hulle Kliek Hier

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s