Hartklank Toer Joernaal: Week 1

Week een van die Hartklank Lente Toer is agter die rug en dit was een behoorlike afskop van ‘n toer waarna ek en die span al vir baie lank uitsien. Saam met goeie vriende Johan C Venter en Ruan Graaff toer ons die land vol met ons Hartklank Konsert en ons doen dit nou sommer in styl ook.

Ons toer nou in ‘n splinter nuwe Ford Ranger. Dankie aan Action Ford Krugersdorp wat rerig uit hulle pad gegaan het om hierdie moontlik en maklik vir my te kon maak.

Dag 1 – ‘n Uitdaging of Twee

Opgewonde om op die pad te spring Rustenburg toe, word ek wakker die 1ste September met ‘n brand in my sinus en ek het ‘n “post-nasal” agter in die keel. Ek ken al die tekens en daai beteken net een ding, Sinus Infeksie! Dit kan moontlik verkoue of iets erger word as ek dit nie dadelik behandel nie. Ek was dadelik dokter toe vir die nodige ondersoek en behandeling. Ek het besef op pad na die dokter se spreekkamers dat ek mag dalk nie kan sing soos ek rerig kan en rerig wil tydens die eerste helfde van die toer nie. Mens beplan en werk so hard om alles perfek te kry, dan kom die klein mikro-nazis in my sinusse en kom gooi alles omver. Ek was rerig sad daaroor. 

Siek word is vir meeste mense in die algemeen ongemaklik, maar vir ons sangers is dit ‘n groot vrees, dit beinvloed alles. Die parte en dele in ons gesigte, kele en longe wat ons nodig het en gebruik om te kan sing is juis dit wat siek word as ons verkoue, infeksie of sinusitus kry. Met dit in gedagte, ‘n rowwe reis skedule, min slaap en die “the show must go on” reel is dit nogal ‘n storie om op so toer siek te word. Maar mens maak dit werk met klomp medikasies en behandeling om gesond te word. Mens druk maar ook die stem om op sy volle kapasiteit te funksioneer. Kan nie dat die vertoning daar onder ly nie.

Tenspyte dat ek sleg gevoel het in die week en nie heeltyd my 110% kon gee op die verhoog nie, het die week rerig nogsteeds geloop soos stroop en was ‘n reuse sukses. Die shows en rondreis was uitdagend maar ek het baie lekker gesing tenspyte van die siek keel en sinus. Dankie Cortisone en ander moderne medikasie!!

Ek voel tans baie beter en ek kan voel dat ek hierdie siekwees oorwin het. Ek is gereed vir week 2 wat more afskop…

Show 1 – Rustenburg:

Ons eerste stop was in Rustenburg by die Tarentaal Teater. Dit was my en Johan C Venter se heel eerste keer wat ons hierdie teater besoek het en het gladnie geweet wat om te verwag nie. Ons was noggal gespanne gewees met al daai vrae en wonder oor hoeveel mense gaan opdaag en hoe die gehoor gaan reageer op die vertoning.

Met ons aankoms by die Tarentaal Teater was ons al te vriendelik verwelkom met ’n lekker koppie boeretroos. Die teater was voorheen ’n naartjie-stoor gewees en is nou omskep in ’n juweel vol van lekker nostalgiese hoekies. So naby om te ry vir so ’n lekker plaas teater atmosfeer.

Ons het gou na ons klanktoetse gaan inboek by die Protea Hotel – Hunters Rest, waar ons die aand oorslaap. Ons het al ’n lekker verhouding met die Protea en was weer harklik verwerklom deur ons baie stylvolle vriend Siyanda en Reinette wat die GM van die hotel is. Hulle laat mens altyd soos ’n koning voel. Selfs spesiale water in die kamers net vir ons.

Hierdie Protea hotel laat my elke keer belowe ek kom terug vir ’n langnaweek om bietjie net lekker te ontspan langs die mooi swembad en al hulle awesome activities te doen.

It’s Show Time!

Gestort en aangetrek maak ons gereed vir die aand se vertoning en net soos dit skemer raak ry ons terug na die teater vir die vertoning die aand. Die karre staan die parkeer area vol en daar is niks wat mens sommer vinnig in die bui vir musiekmaak kry soos om te sien daar is mense nie. ’n Lekker gesellige atmosfeer soos ons agter die teater stop om na die aantrekkamer te loop. Mens hoor die mense in die teater besig om hulself te geniet voor die vertoning. Die teater het na ’n paar jaar nou ’n drank lisiensie so die kuier is nou sommer ekstra onspanne.

Voor die vertoning kuier ons nog eers lekker in die aantrekkamer met Ruan, Linde (my kitaar speler en sy verloofde) asook Tiaan wat vir ons die klank doen en sy span by Newbass. Skielik hoor ons ’n geklop aan die venster en hier kom verras Stefanie en Wian ons. Wian is die eienaar van WS Marketing wat hierdie toer vir my en Johan bymekaar gesit het. Hulle het vir ons geskenkies gebring om ons sterkte toe te heet vir die toer. Hoe ongelooflik spesiaal is dit nie van hulle nie. Daar was ietsie van alles wat ons persoonlik van hou. Dankie Stefanie en Wian! Lief vir julle!

En so breek die oomblik aan vir die eerste Hartklank Lente Toer vertoning om te begin. My musiek begin speel en ek en my kitaar speler Ruan staan agter die verhoog. Vlinders kom maak altyd ’n draai in my maag. Soos mens jou eerste tree op die verhoog sit vergeet mens van alles anders en is niks meer belangriker as net jy en die gehoor nie.


Net voor die pouse roep ek vir Johan C Venter op die verhoog om saam met my “Hoe Moes Ek Weet” akoesties te sing gevolg deur ’n spesiale weergawe van sy liedjie “Engel Vir My” asook ’n opvolg duet vanaf ons kant – eerste aan die toer gehore “Pols” – wat ’n lekker ervaring.


Rustenburg se gehoor was die perfekte afskop gehoor. So vriendelik en betrokke by die hele vertoning. Ons het lekker grappe gemaak en lekker saam gelag. Johan is ook mos soms ’n lekker aap op die verhoog en maak die aand ekstra gesellig.


‘n Vertoning vir ons gaan gewoonlik so vinnig. Net so is tussen 80 en 90 minute verby en het jy jou laaste liedjie gesing! Af van die verhoog om gou ’n skoon hemp aan te trek en bietjie met al die gawe mense te gaan kuier wat spesiaal na ons kom luister het.


Wat ’n lekker ervaring, kan nie wag vir nog ’n vertoning by DIE teater nie. PUIK!

Terug by die hotel en ’n laat aand kuier met Johan oor waarna ons alles uitsien op die toer. Ook natuurlik baie lekker om my kitaar speler, Ruan saam met ons te he.

Show 2 en 3 – Kimberley

Volgende was Gariepfees in Kimberley. Daai pad voel meeste van die tyd langer as meeste paaie, maar met ons nuwe toer voertuig gee ons glad nie om nie en Gariep Fees is dit werd! 

Gariep raak nou ’n jaarlikse instelling en dit is altyd lekker om bietjie in die Noord Kaap te gaan kuier. Vanjaar by die Kalahari Lodge gebly wat noggal lekker was. Ek hou veral van die lang gekronkelde gang wat na die kamers toe ly. 

 

Die gehore het die tente vol gesit en die span van Getroud met Rugby was die seremonimeester by die Kyknet verhoog gewees – altyd lekker om saam met hulle ’n backstage platter te deel.


Ek het ook lekker gesels met oom Hennie Smit en Martin Bester agter by die Gariep Verhoog nadat ons vir die eerste keer “off-roading” moes doen met die Ranger omdat daar nie parkering was agter die verhoog nie.

So kom die eerste week op n einde. Ons het terug gekom na die eerste fase om my nuwe musiek video op te neem. Sal julle nog meer daarvan vertel in n volgende blog. 

Saam met Johan C Verter, Ruan Graaff en Linde Watson het ek die tyd van my lewe! 


Volgende sien ek julle in in Reitz, Moreesburg en Stellenbosh. Kliek hier vir meer…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s