1600km vir 3 shows in 24ure

Ek het lank geestelik voorberei dat die eerste twee tot drie dae van die tweede week, baie uitputtend en stresvol gaan wees. Ons is op die maand lange Hartklank Lente Toer reg oor Suid Afrika. So ek was gereed vir dit.

Ek het Donderdag oggend 8 September my nuwe bakkie finaal gaan haal waar hy vinnig in was vir ’n klein “branding” print fout wat herstel moes word. Daai hele dag was ek so pê, die vorige dag was ’n lang een, ons het my nuwe musiek video opgneem en alles het stadig gegaan. Ek kon darm deur meeste van my werk kom. Ek sal julle volgende week meer oor die musiek video vertel omdat daar lekker baie nuus is om te deel rondom my nuwe enkel snit en musiek video.

maar eers – laat ek julle vertel van die crazy paar dae wat ons gehad het.

Reitz

Vrydag oggend (9 Sept) word ek wakker in Johannesburg waar ek nou vir so rukkie bly. Ek moet nog pak en alles voorberei om vir drie weke op die pad te wees. Ek moet 14:00 op die laatste Reitz toe ry want ons moet 16:30 klank toets doen. Ek het vinnig besef dat ek te veel gelos het om daai oggend te doen want dit was omtrend ’n geskarrel om al my klere te was, te sorteer, te pak en te laai voor 14:00 die middag. Nietemin, ek en Johan en Wynand (een van ons vriende en driving partner vir die naweek) kom toe net so 14:30 weg uit Johannesburg. ’n Halfuur laat op ’n Vrydag middag verkeer kan ure kos. So my senuwees was op, ons kan nie bekostig om by een van ons bestemmings laat te kom nie, dit sal net onprofessioneel wees. Ruan Graaff my kitaarspeler en Linde Watson, sy verloofde (en ons vriendin) het die keer op hulle eie gery omdat Ruan nie die Morreesburg en Stellenbosch vertonings sou kon meemaak nie.

Reitz se Hartklank Vertoning was regtig ’n ongelooflik ervaring. Ons het glad nie verwag dat ‘n dorp soveel passie vir mekaar en vir feesviering kan hê nie. Daai saal was gepak met kwalityd mense met baie gees. Die gasvrou Rita was so vriendelik en ons was soos konings hanteer. Baie dankie Rita

Direk na die vertoning kry ons eers ’n ongelooflik lekker bord kook kos by die gawe mense en dit sluit in die beste Spit en Pampoen tert ooit. Yum! Reitz weet hoe. Dankie!

Na ete pak ons op en laai die kar sodat ons kan weg spring op pad na Morreesburg. Ek het die eerste 4ure gevat tot iewers ’n uur uit Bloemfontein en toe vat Wynand en Johan die stuur by my oor. Ek het toe vir so uur of twee op die agter sitplek geslaap.

Ons het vir Wynand gevra om ons uit te help en hy het met ’n goeie hart ingestem om ons by te staan deur die aand se ry direk na die afloop van die Reitz se vertoning. Ons het die Saterdag middag al ’n vertoning in Morreesburg en as ons die oggend eers moes ry, waarna ek ek Johan bietjie kon slaap, sou ons dit nie gemaak het nie.

Breakfast in Beaufort Wes (10 Sept met sonsopkoms)

Wynand se ouers het ’n plaas in Beauford Wes en ons was omtrend bederf toe hulle ons nooi om 6uur die oggend gou daar om te kom vir ’n lekker ontbyt op die plaas. Sy Pa boer met skaaphaar en die plaas lyk ongelooflik mooi. Ons kon heerlik stort en vars maak voor ons weer in die pad moes val vir die volgende helfde van die rit tot op Morreesburg. Sy Ouma Marie het ook toevallig verjaar daai dag en sy was omtrend in haar noppies toe sy ontbyt tafel toe kom en haar klein seun daar sien sit. Dankie Tannie Rietjie en oom Wynand vir julle ongelooflike gasvryheid en omgee so vroeg in die oggend.

Morreesburg (10 Sept – Middag)

Ons het ’n baie mooi pad gery vanaf Beauford Wes tot in Morreesburg. Ons bly werklik in ’n ongelooflike mooi land. Toe ons by die Swartland Skou arriveer ontvang Dirkie Gildenhuys ons met die gelukkigste glimlag en vriendelikheid ooit – Ek ken al vir Dirkie ‘n hele rukkie en ek moet sê hys rerig ‘n klas ou! Hy was die gasheer van die kunstenaars by die skou en ook verandwoordelik vir die vermaak van die tent. Kurt Darren sy vrou Doné met die baie cute babas, en die ongelooflike talentvolle Monique het reeds in die backstage area gesit toe ons in die greenroom ingestap het. Kurt het sopas van die verhoog afgeklim en Monique sou na my op die verhoog wees. Dis altyd lekker om kollegas oor die land raak te loop veral as mens mekaar lanklaas gesien het en ook goed oor die weg kom.


Die vertoning het vlot verloop en was ’n reuse sukses. Die kuier-tent was vol en daar was baie gees. Ek en Johan het ook natuurlik “Hoe Moes Ek Weet” gesing en ek was baie verras om in die gehoor te sien hoe mense die lied saam sing. Dit bly altyd ’n lekker gevoel om dit te beleef, veral as dit ’n nuwe liedjie is. Na die vertoning was daar ’n ry mense om te kom fotos neem en om Hartklank CD’s te koop. Dis altyd net so lekker vir my om my Foster Fan-Family persoonlik te ontmoet.

img_9410

Ons het na die vertoning dadelik in die pad geval sodat ons betyds kan wees vir die klank toets by die Drosdty Teater in Stellenbosch waar ons daai aand opgetree het. Ja – na die lang pad besef ons ook daar is nog ‘n optrede om te doen vanaad. Ek kon op pad na Stellenbosch voel die wind begin nou uit my seile gaan en die moegheid begin my nou eers te tref. Maar ons het nog ’n hele vertoning om te gee, so ek het maar net myself aanhou motiveer. Gelukkig loop die adrenalien weer hoog as die vertoning nader kom dan help dit ’n mens deur die show kom met genoeg energie. 

Stellenbosch (10 Sept – Aand)

Dankie adrenalien want die vertoning het baie goed afgeloop. Ek en Johan kon voel dat ons rerig op ons beste gesing het en voel baie goed oor byde van ons se optredes. Die gehoor het die vertoning baie geniet en Wynand dink dit was die beste optrede van die toer sover!

Die gehoor is wel kleiner as wat ons verwag het  maar ons het dit nogsteeds geniet asof daar 500 mense gesit het. Ons het ook besef en gehoor dat daar baie mense was wat nie geweet het dat ons Stellenbosch of Kaap toe gaan kom nie en dat ons in die vervolg meer aandag aan aflyn bemarking sal moet bestee, net soos ons aanlyn doen – noted, ons maak so, dankie Foster Fan-Family. Dis hoe julle ook help om ons as besigheidsmense op ons tone te hou. Mens kan nie net goed wees in musiek maak nie as mens doen wat ons doen nie. As dit kom by bemarking dan is daar nie plek vir afskeep nie. Ons kom maak binnekort weer ’n draai in daai area en dan maak ons seker almal weet ons kom.

Ek het die aand geeindig met ’n lekker koppie koffie op die stoep van die ongelooflike Quiver Tree – Self Catering Apartments om ’n stresvol en besige 24 uur af te sluit. Ek onthou ek het nog KFC strips gekoop op pad na die woonstelle en dit nooit eers geeet nie. Ek het ’n stort gevat en in ‘n baie gemaklike bed gaan klim en sommer dadelik vas geslaap. Die volgende oggend het ons ’n Kyknet Top 20 onderhoud op die Groot Constantia Wyn Landgoed en dis amper ’n uur se ry vanaf waar ons slaap in Stellies, so ons kan nie te laat slaap nie.

Groot Constantia Wynland Goed (11 Sept – Sondag Oggend)

Ons het ’n vinnige koffie gedrink by die ongelooflike plek. Die view was om voor dood te gaan en die natuur was net beeldskoon. Die idilliese kaap-hollandse geboue en ’n baie gesellige atmosfeer het hierdie onderhoud een vir die boeke gelaat. Sien dit binne die volgende 3 weke op Kyknet TOP 20 – “hoe moes ek weet” is die week nr. 16 op die Top 20. Dankie aan elkeen wat vir my en Johan se duet stem. 

Ons Sondag Middag Af

Toe die onderhoud klaar was het dit gevoel soos toe ek op skool was en die klok lui vir die einde van die skool dag. Ons het die res van die Sondag vir ons self gehad. woohoo!

Die weer in die kaap was meer as perfek. Die strande en parke was vol mense wat met piekniekmandjies op die groen gras langs Clifton se strand sit en kuier saam met hulle mense. Ons het saam besluit om Houtbaai te besoek (wat sommer om die draai van Constantia is) en ons het daar ’n lekker bord see kos gaan eet terwyl ons kon uitkyk oor die Houtbaai hawe. Die uitsigte op pad daantoe was amazing en met elke oog-foto dink ek meer aan die moontlikheid van in die Kaap self bly! Ons was baie honger omdat ons ontbyt geskip het die oggend. Ons het dit maklik gemaak vir die kelner om al 3 Fish & Chips met Calamari Combo te bestel. Dit was ongelooflik lekker, maar ek kon nie deur alles kom nie, die porsies was lekker groot. Johan het homself oortref met die hele bord wat leeg is, Wynand het ook net net sy bord klaar gemaak. 

Na dit het ons verder aan gery en die mooiste uitsigte gekry op pad See Punt toe om ’n lekker nagereg te eet. Ons het gestop by Clifton om ‘n gelato langs die strand te gaan geniet. “Gelato Mania” is ‘n groot gunstelling van ons almal. Ek het ’n kombinasie van die “Berry-iets” vol van lekker bessies en die Cuppacino gelato gekies.  Johan se Salted Caramal en English Butter moes ek toe as ‘n derde scoop ook kies na ek al betaal het vir die eerste. Johan en Wynand het ook baie lekker kombinasies geeet – Wynand is ‘n atleet so hy het automaties Sorbet gekies, hoe kry hy dit reg om die gelato te weerstaan? Sal nie kan weet nie.

Ons het op die rotse langs die golwe gaan sit en die gelato geniet, lank laas so lekker gesmul aan iets terwyl ons praat oor hoekom ons nog nie net in die Kaap kom bly nie. Ons love dit hier… Maar alles wat belangrik en die moeite werd is vat tyd om tot werking te kom, glo ek. So dalk bly ons nog binnekort daar.

geloat-op-die-strand

Ons het na dit gery na ons vriend Lionel se award winning gastehuis Sunbell Lodge. Hy bied altyd met alle liefde en vrygewigheid vir ons ’n blyplek as ons Kaapstad toe kom vir werk. Hy trou ook in Oktober en ons is saam met hom baie opgewonde. Baie geluk Lionel!

Ons moet die volgende oggend (Maandag) 5:30 by SABC 3 se Expresso Show wees om te praat oor ons Toer en om elkeen ’n song live te sing asook saam ons “Hoe Moes Ek Weet” duet sing.

Ek en Johan het sommer vinnig kamers toe gegaan die aand toe ons terug kom nadat ons vir Wynand op die lughawe gaan aflaai het om terug Johannesburg toe te vlieg. Wynand het ons werklik ongelooglik gehelp met die ry en stresvolle skedule. Ons is dankbaar vir sy opoffering en sy geselskap. Die tyd saam was uit die boonste rakke. Hy moes maandag weer by die werk wees so hy het nog ‘n ekstra 1200 kilos in die wolke ingewerk die naweek – Dankie Wynand.

SABC 3 – Expresso Show (12 Sept met Sonsopkoms)

Om live op TV te sing is altyd stresvol, maar ek het nie rerig kans gehad om daaraan te dink tot ek moes wakker word 4:00 die Maandag oggend nie. Ek het dadelik in die stort gespring en my stem begin opwarm. Ek was so moeg en het so moeilik opgestaan. Maar die skielike angs het my vinnig wakker gemaak.

Ons het heel gemaklik stad toe gery vanaf Belville omdat dit nog voor verkeer was, pik donker toe ons in die gebou in stap die Maandag oggend. Maar daar is altyd ‘n lekker energieke en lekker atmosfeer by Expresso. Die aanbieders en crew is op hulle beste. Seker al gewoond om so vroeg op te staan en dadelik hulle beste te gee. Daar is heerlike koffie en varsgebakte muffins om aan te smul terwyl ons wag vir klank toets.

Ek was veral baie geeert om vir Cameron van den Burgh te ontmoet – Johan is jaloers want hy was starstruck en kon nie die geleenthied kry nie. Ons bedryf is vol van sulke oomblike wat ons net elke keer meer dankbaar maak om te kan doen wat ons doen vir ‘n lewe. Die liedjies was ‘n reuse sukses en ons het ongelooflike terugvoering gekry van mense reg oor Suid Afrika.

Bok Radio (12 Sept – Middag)

Direk na die show was ons vinnig terug na Sunbell Lodge om vir Lionel te gaan groet en ‘n vinnige yogurt te eet voor ons na Bokradio toe vertrek het en gou ’n kiekkie geneem voor ons in die pad geval het en soos altyd sy buur geteken – ek het besluit om nou eerder net datums by my handtekening te voeg, so baie help hy kunstenaars met verblyf.

Dis die eerste keer wat ek Bokradio besoek het in jare en voel sommer skuldig, hulle is van my grootste radio ondersteuners – ek het wel altyd geweet ek moet en gaan hulle besoek, alles pas mooi in een groot bemarkingsplan – maar nou uiteindelik is ek hier. Lekker om te sien hoe goed hulle doen, my CD word ook verkoop in hulle Bok Winkel, dit was great om te sien.  Sover elke geleentheid wat ek in die Kaap was vir vertonings of werk die laaste 2 jaar was dit ‘n vinnige in en uit agv ander vertonings direk daarna op ander plekke in die land. Ek gaan wel nou ‘n punt daarvan maak om meer vir hulle te gaan kuier. Wynand van Heerden het ons onderhoud gedoen en hy is baie goed in wat hy doen. Dit was een van my gunsteling onderhoude nog. Bok TV is ook baie cool! Gaan maak ‘n draai op hulle webwef om meer van hulle awesome dinge te sien.

Ek is ongelooflik beindruk met hulle “state of the art” studios en innovasie met Green-Screen ens. Dis ‘n stasie wat nog een van ons grootstes gaan wees. Ek kan nie wag om die toekoms van Bokradio te sien “unfold” nie.

Sunshine Fm (12 Sept – Telefoniese onderhoud)

Direk na Bokradio se onderhoud het ons ‘n kiekkie gevat saam met Wynand en dadelik weer in die pad geval sodat ons voor sonsak by die Huis in Knysna kan wees. Eers gestop vir ‘n Mugg&Bean koffie en nog fotos geneem saam die garage eienaars waar die express koffie winkel opgesit is.

Knysna is ons volgende bestemming – op pad daantoe kry ek ‘n oproep van Sunshine Fm en stop toe langs die pad om rerig een van die mees voorgebereide onderhoude te doen. Die wyn-padstal van Leroux & Fourie was my tydelike stilhou. Ek dink dit was een van die lekkerste vrae om te beantwoord. Baie dankie Sunshine Fm vir julle ondersteuning julle is ‘n awesome stasie.

Knysna ( Net soos die son besgin sak)

Ons kom die aand aan in Knysna net betyds om hierdie foto te neem.

knysna

Met min slaap, 1600km ver ry, drie baie opwindende vertonings, en drie hoogtepunt media verskynings was hierdie rowwe 3 dae eintlik net ’n awesome ervaring. Boonop bly ons in ‘n ongelooflike land en dis vir my die lekkerste deel van my werk om die land deur te toer en elke uithoek te besoek en te ervaar.

Nou eers vir ’n stap op my gunsteling strand en so bietjie TL-SEE.

Volgende is ons in Uitenhage, J-Bay, Mosselbaai, George, Prins Albert en meer. Sien Hier.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s