Joe Foster Tree Op In Gewilde KykNET Sepie

Met baie trots en tonne opgewondenheid deel ek graag die awesome nuus dat ek in “Pottie se Plek” vir julle kom kuier dié Vrydagaand 23 September om 18:30 op KykNET kanaal 144 om my nuwe enkelsnit “In Die Reën Vir Jou” te sing.

Ja, ek praat van die local kuierplek in die baie gewilde Deon Opperman sepie “Getroud Met Rugby“.

2016-07-20-14-28-59

Die cast, crew en hele span is seker die vriendelikste en professioneelste mense waarmee ek al gewerk het. Ek het veral baie lekker gesels met vriende van my, David Louw en Nadia Beukes in die “green room” terwyl ons gewag het. Ek is ongelooflik beïndruk met al die talent op en agter die skerm by Getroud Met Rugby. Ek is net so beïndruk met Deon Opperman se ervare skryf vermoë, dat hy my liedjie perfek gebruik het in die storie.

Met maande se vooruit beplanning het die dag uiteindelik aangebreek. Ek het elke oomblik baie geniet. Hannes Muller en sy span is ongelooflik goed en passievol oor hulle werk soos wat julle nie sal kan glo nie. Daardie passie kan mens nie “fake” nie.

My verskyning in “Getroud Met Rugby” is nie my eerste keer wat ek op ‘n KykNET sepie verskyn nie. Dit vat my terug na 14 Februarie 2014 toe ek “Pad Na Jou Hart” saam met my band in “Binneland” se “Nagskof” opgetree het tydens Valentynsdag.
Ek onthou my senuwee was klaar. Ek was nog baie nat agter die ore in die wêreld van ‘n solo kunstenaar wees. Ek het dit nogsteeds ongelooflik baie geniet veral die toneelspel. Ek sal nie nee sê vir nog sulke geleenthede nie.

KykNET is so ‘n ongelooflike platform vir ons as kunstenaars om ons musiek, kuns of ander vermaak daar buite te sit. Daar is soveel verskillende maniere hoe KykNET n platform skep vir dit waarvoor ons die liefste is om te doen, om mense te vermaak in ons eie taal.

Ek is ‘n ongelooflike geseënde sanger en liedjieskrywer om hierdie geleenthede al te kon hê en met die krag van bo dit aangegryp het. KykNET is al talle kere deel van my grootste oomblikke as sanger en liedjieskrywer. Dankie KykNET!

Onthou om “Getroud Met Rugby” te kyk weeksdae 18:30. Sien my Vrydagaand daai tyd op die kassie in jou sitkamer.

As jy dit gemis het kyk die video hier. Joe Foster – “In Die Reën Vir Jou” in Potties op “Getroud Met Rugby”

 

2 Comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s