Agter die skerms en bo die wolke met “In Die Reën Vir Jou”

 DIE HERONTDEKKING

In Die Reën Vir Jou” het lank in my liedjie argief gelê. Ek het al eintlik van hom vergeet tot op die dag wat ek by Arnold Coleske gesit het om deur my finale keuses te luister vir die Hartklank album.

Toe ons deur al die snitte geluister het en eintlik al gelukkig was met ons keuses, vra Arri my: “Waarna kan ons nog luister?” Ek wou nie teleurstel nie. Ek klik toe op die “random ideas” lêer op my laptop vir nog iets om te speel. Sommige van hierdie snitte was destyds al ses jaar oud. Paar liedjies op daardie lys se titels was sommer net “Cool Idea 3” so ek kon nie regtig met vrymoedigheid veel snitte vind om vir Arri te speel nie.

Daar tussen almal kry ek toe “In Die Reën Vir Jou – Idea 3”. Ek druk “play”, terwyl ek mompel dat die liedjie dalk iets mag wees. Die liedjie begin speel en soos ek vir Arri kyk kry hy hierdie “ek-weet-iets-wat-jy-nie-weet-nie” glimlag op sy gesig. Die eerste koor is skaars klaar toe roep Arri uit, “Love dit!” – “Hierdie gaan ñ groot song wees”.

Ons het later daardie dag ‘n afspraak gemaak met sy broer Ewald en in dieselfde week geskaaf aan die koor van die liedjie en die brug klaar geskryf. Net betyds vir die opnames van die Hartklank album.

GETROUD MET RUGBY

Om die liedjie ekstra spesiaal te maak het ons vroeër die jaar saam met KykNET se Getroud Met Rugby ñ spesiale opname gereël in “Potties” om dit ook deel te maak van ‘n “scene” wat ‘n groot omkeerspunt in die karakter Fafa se lewe is.

Kyk hier die video van my optrede in “Getroud Met Rugby” by “Potties”

NUWE VERWERKING

Die opwinding stop nie hier nie. Ons het ‘n spliter nuwe verwerking en opname van “In Die Reën Vir Jou” gemaak vir die amptelike musiek video en radio vrystelling. Die nuwe verwerking is spesifiek deur Arri Coleske gelei.

Ons het saam besluit om die album weergawe van “In Die Reën Vir Jou” eksklusief vir Getroud met Rugby te gee vir die “Potties” opname.

Die album se verwerking is nog altyd vir my amazing, maar die nuwe verwerking en opname laat selfs my weer die song voel tot in die diepste deel van my hart, waaruit hy ses jaar gelede gebore is.

Hierdie nuwe weergawe word op die nuwe Afrikaans Is Groot Vol 9 vrygestel, wat binnekort op die rakke gaan wees. 

WAAROOR GAAN DIE LIEDJIE?

“In Die Reën Vir Jou” se oorsprong gaan oor die persoon wie jy lief het se persoonlike stryd of hartseer wat jy graag vir hulle wil help dra en beter maak. Die reën stel trane voor, “Ek sal staan in die middel van jou pyn en hartseer en dit saam met jou dra.” Dit is die gedagte dat ek altyd daar sal wees, maak nie saak wat nie.

Ek sê ook altyd vir my gehoor “In Die Reën Vir Jou” gaan oor ñ tipe “love language”. As jy iets vir iemand doen wat vir jou moeilik is of waarvan jy nie hou nie, om sodoende dan te wys dat jy hom of haar regtig lief het. ñ Mens “sacrifice” iets vir jou geliefde om liefde te wys. 

MUSIEK VIDEO OPNAME

Ons het die musiek video se opnames gedoen in dié ongelooflike huis in Pretoria. Kyk net hier…

Die argitek van die huis is Roald Meyer van Anthrop Architectswww.anthrop.co.za. Hy en sy vriend Anton was gaaf genoeg om hulle huis vir ons beskikbaar te stel.

Die huis het kamers, hoeke, trappe, draaie, uitsigte, meubels en dekor wat jou asem sal wegslaan. Mens kan sien alles is deur gedink en beplan tot op die fynste punt.

Baie dankie aan Roald en Anton dat ons daar in julle spasie die video kon opneem. 

Simoné Nortmann

Simoné Nortmann is die hoof aktrise wat die rol vertolk van my vrou in die musiek video. Ek was in die lugmag en was dood in ‘n vliegongeluk. In die storie sien ek vanuit die spirituele wêreld dat sy nie die seer om my te verloor alleen kon  dra nie. Ek het probeer deurdring na haar om haar seer te help dra maar kon glad nie omdat ek nie meer daar is nie. Ek het heel aan die einde dit reg gekry om vinnig deur te kom van die geestelike wêreld om haar te kon troos en om finaal te kon groet.

Simoné was fantasties en sy het werklik die dag baie hard gewerk en alles gegee tot elf-uur daardie aand. Sy het ongelooflike talent en toekoms in ons filmbedryf! Sy was vriendelik, altyd professioneel en ongelooflik bereidwillig om alles te gee en uit haar hart te vertolk. Geen wonder sy is nou die “it-girl” in die Afrikaanse rolprent en tv wêreld nie.

Gerhard van Rooyen

Die video is deur die bekroonde regisseur en uitmunttende mens Gerhard van Rooyen en sy span vervaardig. Ek wou nog altyd saam met hom werk en ek voel so bevoorreg om met my gunsteling enkelsnit die geleentheid te kon kry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s