Die “Ridder” Op ‘n Witperd (Video)

Ek sing in een van my gunsteling liedjies “Ridder” die woorde “Eks nie ‘n ridder, ‘n ridder op ‘n witperd nie, eks net ‘n man maar eks joune” – maar toe kom Quentin Brown en kom bewys my verkeerd. Daar is toe nog ‘n Ridder op ‘n witperd met hierdie perfekte plan om vir Elrika du Plessis soos in ‘n perfekte sprokiesverhaal te vra om te trou.

Ek en my span moes vroeg die middag opdaag by Hertfort Hotel om in groot geheim te begin reg maak vir die groot oomblik. Met ons aankoms het hulle vir ons gesê ons moet af stap met ‘n random bospadjie tot ons by ‘n plek kom waar die klank ouens reeds besig was om op te stel.

So met keyboard en gear in die hand was dit ‘n behoorlike bundu-bash tot ons by ‘n plekkie in die middel van ‘n woudagtige area gearriveer het. Dit was so ‘n lukrake plek om “verhoog op te slaan” totdat die liggies en opstel begin aankom het. Dit was iets uit ‘n sprokieswêreld.

Alles was buite wat ek normaal sou doen en ek was nogal nervous vir wat hier gaan gebeur. Dit is ‘n groot oomblik waarvan ek deel kan wees. Ek weet net ek moet Elrika se gunteling liedjie “Ridder” sing terwyl sy deur die woud met’n sprokiesagtige beligte padjie moes stap tot waar ek dit live gesing het. Behalwe dat sy baie verbaas was om my daar te sien was sy nog groter verras toe Quentin vir haar op sy kniee vra om syne te word.

Daarna het ek vir hulle twee en naby familie ‘n klein optrede gedoen met ‘n paar van my grootste liedjies.

Luther Van Der Watt van AVC Productions het ook ‘n musiek video gemaak van hierdie ongelooflike oomblik. Ek is so gelukkig om deel te kon wees van iets uit ‘n sprokiesverhaal. Dankie aan almal wat betrokke was.

So op Valentynsdag is dit die perfekte dag om hierdie liefde en geluk van Elrika en Quentin met jou vriende en op jou sosiale media te deel.

Geniet dit!

1 Comment

  1. Ag dit is wonderlik om nog sulke sprokies verhale to hoor. Ek droom al van kleins af dat so wonderwerk met my kon gebeur?

    Ek is mal oor jou musiek en het jou nuurste cd in my kar. Luister elke keer as ek my kar aanskakel.

    Wanneer kom julle Bietjie Kaap se kant toe.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s