Die Hartklank Lente Toer

Joe Foster se baie gewilde Hartklank Konsert is September 2016 weer op die pad met Die Hartklank Lente Toer. Hy reis reg oor Suid Afrika om seker te maak jou lente seisoen skop af op die regte klank, die klank van jou hart.

Toer_Flyer

Die vertoning beloof om jou op ‘n onvergeetlike reis te vat. Joe sing liedjies van sy Ghoema Manlike Pop Album Van Die Jaar – Hartklank. Jy gaan ook ander bekendes hoor wat vir lekker saamsing gaan sorg. Joe en sy Kitaarspeler Ruan Graaff gaan jou kom vertel wat Hartklank rerig beteken deur van sy grootste en mees intieme treffers, op bekende en nuwe verwerkings te kom opvoer.

Talentvolle en bekroonde Sanger-liedjieskrywer Johan C Venter is ook saam op die pad en tree ook op as gaskunstenaar tydens die konsert. Johan sing sy grootste treffers oud en nuut en hy gaan soos altyd sorg vir passievolle stories, musiek en vermaak.

Joe en Johan sing ook natuurlik hulle nuwe en baie gewilde treffer duet “Hoe Moes Ek Weet” asook ‘n paar ander verrassings.

WAT KAN JY NOG VERWAG?

Die verhoog en beligting skep die perfekte atmosfeer. Joe is soos altyd ‘n groot deel van die vertoning agter die klawerbord of klavier wat baie intieme asook energieke oomblike skep.

Jy kry baie “Hoendervleis” en jy word soms sonder “Woorde” gelaat as jy hoor hoe passievol Joe sing. Elkeen wat die vertoning bywoon sal weggaan en kan sê dat dit was werklik “Vir My Gemaak”.

Joe vertel graag stories oor hoe hy liedjies skryf en waaroor hulle rerig gaan asook wat elkeen vir hom beteken. Dit is ‘n pad na sy hart en op die ou einde ‘n “Pad Na Jou Hart” om te leer wat “Hartklank” vir jou kan beteken.

TOER SKEDULE

Die datums hieronder is net die datums en dorpe/stede wat ons reeds bevestig het. Daar word verseker nog heelwat datums bygevoeg soos wat ons dit bevestig met teaters en venues, tot en met die einde van die maand. So hou hierdie spasie gereeld dop.

KONTAK ONS

Is jou dorp of stad nie op die lys nie? Wil jy hê Hartkank moet ‘n draai kom maak by jou venue/restaurant/teater? Kliek Hier

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s